Die moraliteit van die strewe na immortaliteit

LANK SAL ONS LEWE!

Die moraliteit van die strewe na immortaliteit

Die strewe na onsterflikheid was maar altyd ’n hersenskim beperk tot strippe en wetenskapfiksie. DOUW STEYN het egter vasgestel dat filosowe ál meer betrokke raak in die polemiek.

DIE strewe na onsterflikheid (of dan minstens ’n langer gesonde lewe) is nie meer net die domein van wetenskapfiksie nie. In die artikel “Ouderdom: die laaste siekte" (Vrye Weekblad van 18 Desember 2020) het ek die vordering in dié verband bespreek, veral die poging om veroudering as ’n siekte te klassifiseer wat dan hopelik behandel kan word.

Dat biljoene dollar in die lewensverlenging- en verwante industrieë belê word, moet ook ’n duidelike aanwyser wees van die fabel se metamorfose. Dit trek ook biljoenêrs soos brommers na ’n mishoop. Larry Page, mede-stigter van Google, het ’n belang by Calico, ’n biotegnologiemaatskappy met die gestelde doelwit om mense langer en gesonder te laat leef. Jeff Bezos van Amazon word weer verbind met Altos Labs, Silicon Valley se nuutste weddenskap op die ewige lewe.

Dan is daar die Chan Zuckerberg Initiative (CZI), wat 99% van Mark Zuckerberg en sy vrou, Priscilla Chan, se Facebook-welvaart gaan ontvang.  Hierdie edele liefdadigheidsorganisasie wat die wêreld ’n beter plek vir almal wil maak, dui ook aan dat hulle die “wetenskap en tegnologie wat dit moontlik sal maak om teen die einde van die 21ste eeu alle siektes te genees, te voorkom of te bestuur”, ondersteun. Onthou, oudword is nou ook ’n siekte!..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.