Gebruikte motors: die aap uit die mou oor die kat in die sak

WYSHEID OP WIELE

Gebruikte motors: die aap uit die mou oor die kat in die sak

As dit kom by ouens wat gebruikte motors verkoop, steek daar ongelukkig te veel waarheid in die stereotipes, waarsku JUSTUS VISAGIE.

DIE onetiese motorsmous is ’n universele stereotipe. Dis ’n cliché waarmee veral Hollywood al lekker die draak gesteek het. Jy ken die storie: Die protagonis kom aan by die afgeleefde perseel in die onderdorp van die handelaar in gebruikte motors . Blou en rooi driehoekvlaggies wapper blink en vrolik, maar binne sit ’n krokodil en wag op sy prooi.

Die protagonis se klasmaats ry sportmotors en pickups. Al wat hy kan bekostig, is ’n proesende rammelkas, wat nie ’n kwart werd is van die $995 wat hy uiteindelik daarvoor hoes nie. As ons held ’n ou Chevy Camaro koop, is die kar dalk ’n Transformer (https://www.imdb.com/title/tt0418279/?ref_=fn_al_tt_1), wat van die held ’n soort Aladdin maak: die Camaro (djin) laat hom roem, rykdom en die prinses verwerf. Meestal nie.

Daar steek ongelukkig te veel waarheid in hierdie cliché of trope. ’n Hedendaagse motor se binnebrandenjin is so verbysterend kompleks dat min sy werking verstaan. Dis ’n Tchaikovsky-simfonie van suiers wat op-en-af, kleppe wat oop-en-toe, kettings wat sjirrr, asse wat woer en turbo’s wat blaas. Daar’s dus ’n legio dinge wat kan lol, en dis nie in die gulsige en onetiese verkoopsman se guns om skete bloot te lê nie. Verder is verbruikers dikwels onbewus van hul regte, en gewetenlose handelaars buit dié feit uit...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.