Druk beesstert in die pot en sê tjeers op nog ’n jaar!

FYNPROE

Druk beesstert in die pot en sê tjeers op nog ’n jaar!

Beesstertpot en rooiwyn klink dalk na winterkos, soos NETTIE PIKEUR dit tereg in die Vrye Weekblad van Junie 1992 verkoop het, maar die somervakansie is die ideale tyd vir luilekker kosmaak. En natuurlik vir wyn, as jy nie op die waterkar is nie! Dié gereg is boonop perfek vir ’n groot groep pelle of ’n honger familie.

JY sukkel om dié tyd van die jaar jou bearings te kry. Dis net Krismis voor en Krismis agter. Maar daar moet nog baie water in die see loop voordat jy (as jy gelukkig is) jou tasse kan pak en kan laat waai met daai vakansie.

Maar die jaar is amper oor en verby. (Dankie tog!) Byt dus vas, gaan kombuis toe en sit die pot op die stoof vir 'n outydse gereg met 'n geur wat die hele huis daglank deurtrek. 

In die Fynproe-rubriek van 19–25 Junie 1992 skryf Nettie Pikeur: “Ek het nog nooit gebodder om vir iemand 'n resep vir beesstertbredie te gee nie. Almal kan dit mos maak? Maar toe ons nou die dag lus het vir iets warms, rooiwynagtig, met rys, daag vriend Lilla op met 'n groot pak beesstert. Sy sê sy gee nie om wanneer ons lus het om dit te maak nie, maar nommer een, sy wil genooi word, en nommer twee, sy wil nie kou tot haar kake lam word nie – dis hoe haar oorle ma dit altyd gemaak het (Ingels van inbors, sien, en dit was altyd so valerig.) Ek maak plegtig albei beloftes."..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.