DAAR was een voorbehoud in die sak-en-pak na die Klein-Karoo: Word dit dan nie vreeslik warm nie, en wat op aarde gaan jy eet? het mense gevra. Daar is mos niks in die winkels nie.
Die warm Karoo, laat Mies Pikeur sommer nou vertel, is grootliks 'n mite. Nou, ná meer as twee maande op Montagu, kan ons finaal die ou gelofie goodbye toewens: Dis glad nie so warm nie, veral as jy nie in supermarktoue moet staan en daai horrible plastieksakke by die dosyn in jou kattebak moet laai nie. Jy koop soos 'n beskaafde mens jou groente by die liewe Lara en Anton se groentewinkel. Anton ry elke Dinsdag en Donderdag om middernag met 'n vrag plaaslike groente na die groentemark in Kaapstad, laai weer daar op wat nie hier gekoop kan word nie, en twee maal per week kry jy teen die lafste lae pryse tamaties, komkommers, murgpampoentjies, bossies uie, appels en perskes van hier rond, asook sprietuie , sampioene, blaarslaai en spanspek uit die Kaap.
En jy doen inkopies soos dit betaam: met mandjie, g'n plastiek nie. Jy weet Lara se groente is vars. En dis darem so 'n plesier om by die klein winkeltjie self jou suurlemoene en pruime uit te soek terwyl Lara elke item afweeg en die prys op die optelmasjien bytel. In die stad was dit erg genoeg om yskasgroente en -vrugte se ouderdom te skat (How old is this bloody butter lettuce? En by die huis is hy reeds pap!) sonder die aggro van trollies en suur checkout girls. Die groentewinkel is ook die plek om vars plaaseiers te koop vir perfectly poached eggs of daardie wonderlike gereg uit ons kinderjare, kerrie-eiers...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.