LESERSBRIEWE | ‘Gee ons bietjie sonskyn, toe!’

Dapper stapper

LESERSBRIEWE | ‘Gee ons bietjie sonskyn, toe!’

Ons lesers smag na inklusiwiteit, diversiteit en 'n bietjie sonskyn, elke nou en dan.

  • 19 April 2019
  • Vrye Denker
  • 1 min om te lees
  • artikel 28 van 33


Gee alle Afrikaanssprekendes ’n stem
EK luister graag na Max se bydraes aangesien dit nie skroom om eerlike kritiek te lewer nie al is dit ook oor die pers se bydrae tot twyfelagtige gebruike.
Wat wil ek graag sien, is dat julle dapper dinge wat ons hinder, sal aanspreek en nie enige heilige koeie onaangeraak sal laat nie. Ek is 'n wit Afrikaanse man, maar ek sal graag wil sien dat ons ander Afrikaanssprekendes 'n behoorlike stem gegee sal word, dat ons ook kan verstaan hoe hulle voel.
Ons moet ook positief wees. Ons moet almal daaraan werk om hierdie land iets beters te maak. Ek gaan nêrens heen nie, so hoe beter vir ander, hoe beter vir myself. – Hennie Nel
Perspektiewe van orals
EK wil graag toegang hê tot perspektiewe van almal in die Suid Afrikanse bevolking, wat gebaseer is op onbevooroordeelde feite en wat inligting weergee wat belangrik is om te weet, want dit maak 'n verskil.
Ek sal graag ook lees oor die suksesse wat behaal word op alle vlakke in ons samelewing en die wêreld. Ek dink ons almal kort 'n bietjie sonskyn so nou en dan. – Alandri Compion
Reflekteer ons diversiteit
EK is baie, baie opgewonde. Een gedagte: Probeer asseblief soveel moontlik ook Afrikaanstalige mense te betrek vanuit alle agtergronde. Swart, wit, bruin, enigiets en enigiemand wat Afrikaans liefhet in al sy fasette en skakerings. Die taal sal net oorleef as dit inklusief is en as die skrywers en bydraers, asook die lesers, ons land se pragtige diversiteit reflekteer. – Pierre Coetzer

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.