’n Poespas van patriotte en dwarstrekkers – dis ons

SOOS TAMATIE IN DIE VRUGTESLAAI

’n Poespas van patriotte en dwarstrekkers – dis ons

Suid-Afrikaners pink ’n sentimentele traan by die president se inhuldiging, maar moenie dink hierdie span wil saam ingespan word om die wa deur die drif te trek nie, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

DIE inhuldiging van pres. Cyril Ramaphosa het aanleiding gegee tot wydverspreide belydenisse van patriotisme en nasionale trots. Vir ’n kort rukkie – basies vir die duur van die inhuldigingsdag – het Suid-Afrikaners oor ’n wye spektrum van die samelewing gepraat van “trots” en dat hulle “emosioneel” geword het by die aanskoue van nasionale ikone en simbole.

Daar was selfs ligte flirtasies met rasse- of etnonasionalistiese trots toe mense die nuus hoor dat 'n vroulike Afrikaan, maj. Mandisa Nomcebo Mfeka, een van die vlieëniers was in die eskader vegvliegtuie wat oor Loftus gevlieg het. Dít was wel iets om op trots te wees. Dit behoort egter getemper te word deur die feit dat die verbyvlug in werklikheid ’n magsvertoon was – die tipiese kenmerk van sommige van die wêreld se grootste boosaards. Maar meer hieroor later.

Oor die geheel beskou het mense in hul skik gevoel toe Ramaphosa die ampseed aflê. Die lekker gevoel kan moontlik toegeskryf word aan die voorafgaande duister dekade vol bedrog. Die bewind wat tot ’n einde gekom het met Jacob Zuma se bedanking in Februarie 2018 het ’n waarskynlik onuitwisbare klad op Suid-Afrika se demokrasie gelaat...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.