Staatsmasjinerie kort ’n skop onder die gat

STAATSDIENS

Staatsmasjinerie kort ’n skop onder die gat

Vir die ANC is 'n staatsgedrewe ekonomie 'n onwrikbare deel van sy ideologie. Maar vir 'n sogenaamde ontwikkelingstaat om te werk, moet die staatsmasjinerie effektief loop. En dáárvan is daar tans min sprake. ANNELIESE BURGESS kyk terug op haar dekade as konsultant in verskeie staatsinstellings en probeer die vinger lê op wat skort.

IN 2007 is ek gevra om te help met 'n groot regruk-projek by die departement van binnelandse sake. 

Die instelling was in 'n totale chaos. Dienskantore was donker gate met beteuterde plakkate teen die mure en handgeskrewe aanwysings op flentertjies papier.

Toonbanke is beman deur terneergedrukte amptenare met senuwees wat rou geskaaf is deur kliënte se woede  – oor die lang rye, die buitensporige wagtye vir dokumente. En natuurlik oor die nors, onvriendelike diens. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.