Ekonomie moet swaarste weeg as SA sy internasionale paadjies kies

POLITIEKE EKONOMIE

Ekonomie moet swaarste weeg as SA sy internasionale paadjies kies

Suid-Afrika het soveel moontlik konstruktiewe en pragmatiese handelsverhoudings nodig. Daar is geen rede hoekom ons moet kant kies in 'n oënskynlik bipolêre wêreldorde nie, skryf PIET CROUCAMP.

DIE politieke instink van bevrydingsbewegings in Afrika suid van die Sahara is om internasionale verhoudings te bedryf in terme van 'n bipolêre verstaan van politieke mag. Omdat die staat en die party grootliks as 'n monolitiese eenheid bestuur word, word die historiese begrip van internasionale mededinging en politieke samewerking gefilter deur die normatiewe veronderstellings en versugtinge van politieke en ekonomiese bevryding.

Die werklikheid is egter meer kompleks, en Suid-Afrika se politieke elite sou daarby baat vind om ons internasionale politieke en handelsverhoudings meer pragmaties en belange-gedrewe te bestuur. Die ANC sal dringend ideologies moet moderniseer as 'n politieke rolspeler, nasionaal sowel as internasionaal; die Koue Oorlog is reeds drie dekades gelede verby.

Tydens die afgelope G20-beraad het pres. Cyril Ramaphosa dit baie duidelik gemaak dat Suid-Afrika se belange meer met dié van die Chinese versoenbaar is as met dié van die Amerikaners. Ramaphosa het tydens die beraad doelbewus enige kontak met pres. Donald Trump van Amerika vermy. Ek kon geen beeldmateriaal kry van enige sosiale kontak tussen dié twee leiers nie, en gerugte wil dit hê dat die Suid-Afrikaners 'n versoek van die Amerikaners om 'n ontmoeting van die hand gewys het “weens 'n vol program”...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.