Die litteken op Kaapstad se mooi gesig

POLEMIEK

Die litteken op Kaapstad se mooi gesig

Terwyl Kaapstad een van Suid-Afrika se mooiste en suksesvolste stede is, is swart Afrikane, as gevolg van die nalatenskap van apartheid, steeds onsigbaar daar. JONATHAN JANSEN plaas dié probleem onder die soeklig.

Dis tyd om te praat oor daardie 100-ton olifant in die vertrek.

Ek het onlangs teruggekeer om te woon en werk in Kaapstad, vir die eerste keer sedert ek weg is vir studies oorsee in die laat-1980’s. Sedertdien het ek gewoon in vier groot Suid-Afrikaanse stede en gewerk met skole en gemeenskappe in al nege provinsies. Nou is ek terug en, eerlikwaar, in een groot opsig het min verander. Swart Afrikane is onsigbaar in hierdie wêreldklas-stad en voorste toeriste-bestemming. Dit is 'n onsigbaarheid wat gevaar inhou vir die stad en die land.

Maar laat ek eers my klassifikasie-kaarte op die tafel sit. Ras is fiksie. Daar is geen biologiese grondslag om mense te klassifiseer op grond van ras of etnisiteit nie. Danksy moderne genetika weet ons nou dat mense dieselfde gene deel en dat mindere variasies in die genepoel gebeur as gevolg van dinge soos migrasie en inteling. Suid-Afrika se vier fiktiewe rasse (wit, bruin, Afrikaan en Indiër) is politieke skepsels wat vervaardig is om ons te verdeel en te plaas in 'n kunsmatige hiërargie, met wittes heel bo en swart Afrikane heel onder. Volgens die ou definisie is meeste Suid-Afrikaners van gemengde ras. Dis wat gebeur as mens saamwoon vir 350 jaar...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.