Die beste joernaliste het nog altyd kant gekies. So ook die swakstes.

RUGGRAAT

Die beste joernaliste het nog altyd kant gekies. So ook die swakstes.

Hoe groter die bedreiging vir ons grondwetlike demokrasie word, hoe meer intens word die kritiek op die nuusmedia. Die media durf nie hierop te reageer deur weg te kruip agter ’n vals begrip van wat objektiwiteit is nie, waarsku ISMAIL LAGARDIEN.

OP enige gegewe dag, hoofsaaklik op Twitter, word die nuusmedia daarvan beskuldig dat hulle die mes in het vir die Economic Freedom Fighters (EFF) en sy leier, Julius Malema. Die EFF is nie die enigste kwansuise slagoffer van “media-vooroordeel” nie.

Meer onlangs het ‘n joernalis (https://twitter.com/pietrampedi) besluit om sekere ander joernaliste te identifiseer en te vereenselwig met ‘n skyn-broederskap wat die belange van “witmonopoliekapitaal” dien en wat in die algemeen krities staan teenoor “swart voortreflikheid”. 'n Petisie (geskep deur dieselfde joernalis, Piet Rampedi) doen nou die ronde om pres. Cyril Ramaphosa te dwing om (nog) ‘n kommissie van ondersoek te skep, hierdie keer na “media-kaping”.

Hierdie aanvalle op die nuusmedia en spesifieke joernaliste is deel van 'n algemene verskuiwing in die Suid-Afrikaanse politiek na 'n tweeledigheid – tussen grondwetlikes  aan die een kant en aan die ander kant 'n groeiende groep wat lojaal is aan oudpres. Jacob Zuma, asook Ace Magashule en Malema...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.