Trump: die normalisering van die abnormale

NORMALISERING VAN GEWELD

Trump: die normalisering van die abnormale

Voorvalle waarin jong wit mans mense voor die voet afmaai, is nou 'n amper daaglikse verskynsel in die VSA. Pres. Donald Trump se taalgebruik help skep 'n teelaarde vir die groei van wit terroriste en wit terreurgroepe, wat deesdae maklik internasionale netwerke oor grense heen kan bou, waarsku ANTHONI VAN NIEUWKERK.

ONS leef in 'n era waar die onaanvaarbare toenemend aanvaarbaar word. Abnormale gedrag word op komplekse maniere genormaliseer. As Suid-Afrikaners hoef ons nie ver te soek hiervoor nie: Geweld as manier om probleme op te los is nou hoofstroom-“normaal”. 

Op plekke in die land en onder sekere groepe word geweld (en toenemend sadistiese geweld) die dominante kultuur. Suid-Afrikaners besteel, vermink, verkrag en vermoor mekaar op ongekende skaal. Die demokrasie en die kapitalisme het die nasie kennelik nog nie van die geweld van slawerny, kolonialisme en apartheid bevry nie.

Gemeenskappe wat gebuk gaan onder historiese onreg, en hul frustrasie deur geweld uiter, is elders in die wêreld te vind. Maar in die VSA bemerk ons die eienaardige verskynsel van jong wit mans uit die laer- en middelklas – dikwels sommer laaities – wat mense op groot skaal voor die voet afmaai. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.