Chamisa se aasvoëls wag terwyl Zimbabwe ten gronde gaan

MDC SE ‘KUUR’

Chamisa se aasvoëls wag terwyl Zimbabwe ten gronde gaan

Zimbabwe beleef sy ergste ekonomiese krisis in ’n dekade en die veiligheidsmagte is ontplooi nadat protesoptrede teen die regering weer opgevlam het. Die grootskaalse protesoptrede deur die MDC kom te midde van regeringspogings om ’n G7-reddingsboei te kry. Maar, skryf PETA THORNYCROFT, die opposisie wil eerder die swak ekonomie gebruik om ’n bewindsoorname te bewerkstellig.

ROBERT Mugabe het die laaste 17 jaar van sy bewind enige bewerings van skokkende menseregteskendings ontken en dit bestempel as deel van ’n Westerse agenda vir ’n regime-verandering. Dié agenda het “onwettige sanksies” ingesluit wat volgens die oudpresident verantwoordelik was vir Zimbabwe se ekonomiese agteruitgang, eerder as sy eie wanbestuur.

Die Movement for Democratic Change (MDC) weer het gesukkel om die bewering te oorkom dat die opposisieparty ’n marionet van die Weste is – ’n beskuldiging wat bykans ál 16 leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (Sadek) aanvaar het.

Die huidige inkarnasie van die MDC, gelei deur die Christen-evangelis Nelson Chamisa, maak egter geen geheim daarvan nie dat die party ’n verandering van regime wil hê, en die Mnangagwa-regering deur protes op die strate eerder as deur verkiesings omver wil werp...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.