Skole se tegnologieplanne ’n leë hologram van goeie bedoelings

ONDERWYSHERVORMINGS

Skole se tegnologieplanne ’n leë hologram van goeie bedoelings

Dit is doodeenvoudig onmoontlik vir arm skole om nuwe opvoedkundige hervormings deur die regering met dieselfde sukses as welgestelde skole toe te pas, sê JONATHAN JANSEN.

TERWYL ek vroëer vandeesweek soek na kragpunte vir my skootrekenaar om 'n PowerPoint-aanbieding te doen, wys van die onderwysers na die plafon - die skool het pas weer 'n inbraak beleef waartydens toerusting gesteel is. In hierdie plofbare township, waar kinders wat getraumatiseerd is deur gebroke gesinne en armoede moet skoolgaan, is 'n skool nie slegs 'n plek waar daar geleer word nie. Dit is  'n belangrike hulpbron wat tot op die grond afgebrand moet word.

Tegnologie

Die bedoeling was altyd goed – hierdie laboratorium met basiese rekenaars en 'n slim projektor wat uit die dak hang, wys dat die provinsiale regering dieselfde tegnologie vir hierdie skool as dié in die rykmansbuurte wil gee. Maar bedoeling en uitslag is twee verskillende dinge in die harde werklikhede van Suid-Afrikaanse onderwys...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X