Vir Breyten kan jy nie hashtag nie

DIE SKRYWER WORD 80

Vir Breyten kan jy nie hashtag nie

Ek dink dis veilig om te sê dat Breyten Breytenbach op die oomblik nie spesifiek in vogue is onder my generasie Afrikaanssprekendes nie. Maar dis nie dat ons vandag sy genialiteit ontken nie, skryf AZILLE COETZEE.

VERLEDE week word Breyten Breytenbach tagtig jaar oud en toe onthou ek weer van hom. Ek het hom jare nie gelees nie. Nie doelbewus nie, hy het my net ontgaan op ’n manier.

Dis nie toevallig nie, besef ek toe ek verder daaroor nadink. Ek dink dis veilig om te sê dat Breytenbach op die oomblik nie spesifiek in vogue is onder my generasie Afrikaanssprekendes nie. Hy is nie camp soos Loftus Marais, woke soos Pieter Odendaal, of cool soos Bibi Slippers nie. En sy werk is op allerhande maniere glad nie vergelykbaar met die rou, vroulike perspektiewe van swart en bruin jong digters soos Jolyn Phillips, Ronelda Kamfer, Koleka Putuma nie.

Dis nie dat ons vandag sy genialiteit ontken nie. In teenstelling met vorige generasies Afrikaners debatteer ons nie meer of ons hom deel ag van, of van waarde vir, die Afrikaanse taal en letterkunde nie. Ons aanvaar hom deesdae onomwonde as een van die heel belangrikste digters in die geskiedenis van ons taal. Afrikaans is deurtrek met Breytenbach, ons literêre verbeelding is deur hom gevorm. Ons het hom bestudeer op skool en universiteit, opstelle oor hom geskryf. Ons het sy liefdesgedigte gememoriseer. Telkens vir god verloor en gevind in die zen mistiek van sy verse. Breytenbach is ’n rite of passage vir ’n soort intellektuele (wit?) Afrikaans-wees van my generasie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X