Voëlvry kom weer: Dis al 30 jaar en ons rock steeds

TOTALE (MUSIKALE) AANSLAG IS TERUG

Voëlvry kom weer: Dis al 30 jaar en ons rock steeds

Dis vanjaar drie dekades sedert 'n groep anargistiese Afrikaner-rockers die pad gevat het op een van die mees berugte, beskrewe en befokte musiektoere ooit. MADELEINE BARNARD het teruggeloop in tyd om dit te herleef. (En boonop is daar binnekort in Gauteng en Kaapstad sowaar weer drie konserte ...)

IN 1985 dink ek ek is vreeslik snaaks as ek my pelle vertel om nie die hysbak van die BJ Vorster-gebou in Stellenbosch te gebruik nie. Want daar is ’n bordjie op wat lees: “In geval van noodtoestand, gebruik trappe.”

Dis die jaar nadat James Phillips, alombekend as Bernoldus Niemand, sy waterskeiding-album Wie is Bernoldus Niemand? maak, en die jaar wat André le Roux du Toit, destyds bekend as die skrywer André Letoit, ’n demo-tape van sy songs – werktitel Voedselvergiftiging – aan Lloyd Ross van Shifty Records sou pos.

Letoit se kasset – later getiteld Ver van die Ou Kalahari - trek die aandag van Ralph Rabie, ’n joernalis wat by Rapport werk en wat al self ’n paar songs geskryf het. In 1987, die jaar van my eerste groot liefdesteleurstelling, doen Rabie ’n onderhoud met Letoit. En iets musikaal-anargisties vat vlam tussen hulle...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.