2 Februarie 1990: ’n Teësinnige FW het ’n kwantumsprong gemaak. ...

SPRING!

2 Februarie 1990: ’n Teësinnige FW het ’n kwantumsprong gemaak. Gaan Cyril?

Maandag is die dertigste herdenking van FW de Klerk se epogmakende toespraak in die parlement wat uiteindelik tot Suid-Afrika se huidige demokratiese bedeling gelei het. Twaalf dae ná dié herdenking lewer pres. Cyril Ramaphosa sy staatsrede. MAX DU PREEZ kyk terug en vind paralelle.

DIE konserwatiewe De Klerk, ’n stoere Afrikaner-nasionalis wat aan die regtervleuel van die Nasionale Party gestaan het, het nie ’n Damaskus-ervaring gehad wat tot sy dramatiese toespraak gelei het nie. Daar was ’n veelvoud van omstandighede wat dit moontlik en noodsaaklik gemaak het.

Sanksies en boikotte het gebyt; die ekonomie was op sy knieë en die skuldlas groot. Westerse lande wat nog bande met die apartheidstaat behou het, soos Amerika, Brittanje en Wes-Duitsland, het die skroef begin aandraai.

Die status en legitimiteit van die driekamerparlement het ’n duik gekry met die bedanking van Frederik Van Zyl Slabbert en Alex Boraine in 1986. Dié twee het velerlei inisiatiewe geloods om ’n politieke klimaat vir ’n vreedsame skikking te help skep, waarvan die Dakar-ontmoeting tussen ’n meestal Afrikanerafvaardiging en die ANC-leierskap in Julie 1987 die belangrikste was...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X