Ons argitektuur is vyandig en dis tyd dat ons dit erken

HUMANITÊRE KRISIS

Ons argitektuur is vyandig en dis tyd dat ons dit erken

Ons argitektuur en stadsbeplanning help dikwels bewaar aan die skeiding wat ons onder mekaar bewerkstellig het, skryf BETTINA WYNGAARD. Die ware leeglêers is nie die boemelaar met sy plastieksak besittings nie. Dis die konsultante wat in senior poste sit, reuse-salarisse ontvang en geen bydrae tot die land se ekonomie lewer nie.

BERGIES. Boemelaars. Bedelaars. Spiritsdrinkers. Wat jy ook al kies om hulle te noem, ons almal het in ’n stadium al ergenis ervaar wanneer hulle met hulle stank, hulle vodde en hulle trollies flenters kom bedel. Sommige wag jou by stopstrate en verkeersligte in, ander staan buite restaurante en winkels totdat hulle verwilder word.

Die heel beste is om maar jou kop te sak, horende doof en siende blind te word totdat jy veilig verby hulle is. Of om maar uit skuldgevoelens ’n paar sent in hul hand te stop en te hoop hulle gaan weg. Solank ons hulle nie hoef te sien nie, hoef ons nie oor hulle te dink nie. Ons hoef nie te wonder wat van hulle word wanneer ons na ons warm huise en gerieflike badkamers terugkeer nie. Ons hoef nie te wonder waar hulle slaap of eet of was nie.

Nota: in hierdie meningstuk gebruik ek nie politiek korrekte terme nie. PC-woorde het die geneigdheid om te verberg en te verbloem. Dit het tyd geword dat ons die waarheid in die oë staar...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.