Is die demokrasie dood?

ZUMA-NALATENSKAP

Is die demokrasie dood?

Populisme gedy waar mense ontevrede is met demokrasie – en ál hoe minder Suid-Afrikaners glo in die demokratiese bestel, het 'n nuwe wêreldwye studie bevind. Ons het veral in die Zuma-jare ons vertroue in die demokrasie verloor - en hoewel die omstandighede uniek is wat tot ons onvergenoegdheid gelei het, beleef ander demokrasieë ook rekordvlakke van ontnugtering met demokrasie, skryf ADRI KOTZÉ.

DIE meeste Suid-Afrikaners – sowat 60% - is ontevrede met demokrasie. Dit is die hoogste vlak van ontnugtering met demokrasie in die land die afgelope twintig jaar en ook hoër as die gemiddeld van ander demokrasieë in die res van Afrika, waar die helfte van die mense vertroue het in demokrasie.

En hoewel die ontnugtering met demokrasie in die Zuma-jare oor die 50%-merk gegroei het, het dit aanhou styg onder die presidentskap van Cyril Ramaphosa. 

Dié bevindinge is vervat in 'n nuwe studie (https://www.bennettinstitute.cam.ac.uk/media/uploads/files/DemocracyReport2020.pdf) van die Cambridge-universiteit wat volgens die navorsers 'n ontleding is van die grootste globale datastel nóg oor houdings jeens demokrasie: meer as 4 miljoen mense in 154 lande het aan die opname deelgeneem...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.