Jaco Visser is ’n vryskutjoernalis wat spesialiseer in finansiële joernalistiek en veral die beleggingsmark. Hy skryf veral oor aandele, effekte, effektetrusts, die ekonomie en private gesondheidsorg. Daarbenewens het hy ’n passie om oor plaaslike owerhede – die eerste linie van dienslewering – en die landbousektor te skryf.
OPPOSISIEPOLITIEK
Kan die DA en Schweizer mekaar weer vind?
Kiesers in die Mamusa- plaaslike munisipaliteit, met sy setel in Schweizer-Reneke, het voorverlede week mooi laat blyk wat hulle van die Demokratiese Alliansie (DA) dink. Sal die party ooit weer die vertroue van verlore kiesers terugwen? JACO VISSER berig.
Deel
’N BIETJIE meer as ’n jaar gelede het ’n rassisme-bom in Schweizer-Reneke gebars. Dit was ’n onsmaaklike gedoente waar elke politikus en sy gatlakei iets te sê gehad het sonder om die impak op die mens in die middel van die hele affêre in ag te neem. Wat nog te sê van die feite. Dié persoon was Elana Barkhuizen, ’n onderwyser aan die Laerskool Schweizer-Reneke.
En twee weke gelede het kiesers in die Mamusa-munisipaliteit hul stem dik gemaak en laat blyk wat hulle van die hele hantering van dié onsmaaklikheid gedink het. Die DA het sy enigste wyksetel in die munisipaliteit verloor. Die VF Plus het voortgegaan om – soos in verlede jaar se nasionale verkiesing – die wit Afrikaanse stem by die DA af te vat.
Schweizer, soos die mense in die omtes na die dorp verwys, het vir die land die befaamde Afrikaanse digter Elisabeth Eybers opgelewer. Die plek het ook vir ons gewys hoe lekker ’n skool se WhatsApp-hokkiegroep kan wees...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelJaco Visser
JoernalisJaco Visser is ’n vryskutjoernalis wat spesialiseer in finansiële joernalistiek en veral die beleggingsmark. Hy skryf veral oor aandele, effekte, effektetrusts, die ekonomie en private gesondheidsorg. Daarbenewens het hy ’n passie om oor plaaslike owerhede – die eerste linie van dienslewering – en die landbousektor te skryf.