SA het aanbeweeg, maar die ANC is steeds in die Koue Oorlog gekluister
30 JAAR LATER

JO-ANSIE VAN WYK was op 11 Februarie 1990 op die Parade in Kaapstad toe Nelson Mandela sy eerste toespraak gelewer het ná sy vrylating van 27 jaar in gevangenskap.
VANDEESMAAND is dit drie dekades sedert die ontbanning van die ANC en ander anti-apartheidsorganisasies, en die vrylating van Nelson Mandela. Waar staan Suid-Afrika 30 jaar later? Is die land nog steeds agter tralies, op parool, of gewoon vry?
Die afgelope 30 jaar is hoofsaaklik oorheers deur politieke figure soos Nelson Mandela en sy presidensiële opvolgers, en die regerende party se pogings om sy bevrydingsbeloftes gestand te doen. Dus is dit gepas om hieroor eerder as ekonomiese, demografiese en ander numeriese aanwysers te besin.
Gewone Suid-Afrikaners moes verskeie stroomversnellers soos versoening en onvervulde verwagtinge bemeester. Tussenkomende veranderlikes, sommiges doelbewus beplan en ander net die lot van die nasionale en internasionale politieke kaartspel, het die praktiese uitvoering van aspirasies gekortwiek en die ideale omstandighede geskep vir staatskaping, burgerlike rusteloosheid, kaderontplooiing en tekens van staatsverval...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Jo-Ansie van Wyk
AkademikusProfessor Jo-Ansie van Wyk is 'n hoogleraar in Internasionale Politiek verbonde aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) in Pretoria.