Die éintlike dilemma met SA se grondhervorming

GRONDHERVORMINGSFONDS

Die éintlike dilemma met SA se grondhervorming

Om grond te onteien sal nie die stadige pas van grondhervorming aanhelp nie en bly ’n misleidingstaktiek. Baie kenners aan albei kante van die ideologiese spektrum sal saamstem dat die Grondwet nie die probleem is nie, maar wel die swak uitvoering van grondhervorming deur die regering, skryf prof. JOHANN KIRSTEN.

  • 28 Februarie 2020
  • Vrye Denker
  • 7 min om te lees
  • artikel 8 van 27
  • Johann Kirsten

DIE debat oor die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet raak by die dag meer tegnies en word al hoe meer in die lig van regs- en grondwetlike filosofie beskou. Daar is egter ander ewe dringende kwessies wat aandag nodig het om die belangrike taak van grondhervorming te voltooi, en dit is wat ek hier wil bespreek.

Ek en die landbou-ekonoom Wandile Sihlobo het al in vorige artikels in 2019 aangevoer hoekom die debat oor grondonteiening sonder vergoeding vanuit ’n ekonomiese perspektief ’n fout is. Om grond te onteien sal nie die stadige pas van grondhervorming aanhelp nie en bly ’n misleidingstaktiek. Baie kenners aan albei kante van die ideologiese spektrum sal saamstem dat die Grondwet nie die probleem is nie, maar wel die swak uitvoering van grondhervorming deur die regering.

Dít is die werklike kwessie en die werklike tameletjie vir Suid-Afrika se belangrike grondhervormingsinisiatief. Hierdie werklikheid word verder vererger deur drie onlangse gebeurtenisse wat ek graag in hierdie artikel wil bespreek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.