Xenofobie: Die aand wat my lewe verander het

DAVEYTON-8 SE APPÈL MISLUK

Xenofobie: Die aand wat my lewe verander het

Sewe jaar gelede het die Mosambieker Mido Macia ’n wrede dood in Daveyton aan die Oos-Rand gesterf toe polisiemanne hom agter ’n vangwa aangesleep het. Verlede week het die hooggeregshof in Pretoria die appèl teen dié polisiemanne se skuldigbevinding van die hand gewys. JACO VISSER kyk terug na hoe hierdie saak Suid-Afrikaners se verhouding met buitelanders weerspieël.

DIT was ’n triestige oggend toe ek destyds uitgery het Daveyton toe nadat die nuus gebreek het dat agt polisiemanne ’n buitelander, die 27-jarige Mido Macia, eers in sy tronksel aangerand en toe agter ’n polisie-vangwa gesleep het. Hy is daarna dood.

Die hele voorval is op kamera verfilm – was dit as ’n morbiede trofee of wou iemand regtig die regte ding doen en dit gaan aangee?

’n Mens sou verwag het dat die dorp in rep en roer oor die wrede voorval sou wees, maar die strate van Daveyton, net anderkant Benoni op die N12-hoofpad na eMalahleni (Witbank), was daardie oggend kalm. Ons moes toe in elk geval terugry Benoni toe vir die polisiemanne se eerste verskyning in ’n volgepakte en kléin hofsaal in die landdroshof...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.