POLITIEKE NOTABOEK | In die politiek is absurditeit nie ’n...

DIE WEEK IN POLITIEK

POLITIEKE NOTABOEK | In die politiek is absurditeit nie ’n belemmering nie

Ons is nog nie eens halfpad deur die staat van inperking nie en ons het 'n hele paar dinge van ons politieke partye te wete gekom wat ons andersins dalk nie sou nie. En van ons vermoedens is weer finaal bevestig, skryf MAX DU PREEZ.

EERS dit: 'n Politikus is iemand wat vir jou sê hy is 'n vegetariër terwyl hy aan 'n varktjop smul. 'n Goeie politikus wag tot jy die vertrek verlaat voordat hy dit eet.

Die ANC se totale onvermoë om aan sy eie bevrydingsbewegingdogma en inherente faksiepolitiek te ontsnap is daar vir ons almal om te aanskou. As die huidige kabinet die room van die regerende party verteenwoordig, is ons in dieper moeilikheid as wat ons gedink het.

Die DA word in die openbare oog oorheers deur 'n klomp bitterbek-suurgatte wat soos stout seuns met ketties uit hulle loopgrawe van bevoorregting op die regering en almal wat nie met hulle saamstem nie, skiet. (Dank die gode Helen Zille het haar openbare Twitter-rekening gesluit. Kan jy jou indink watter skade sy met haar onbekookte heupskiet-tweets in dié tyd sou kon aanrig?)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.