Rupert: Dis nie net ’n verposing hierdie nie, die hele...

NUWE BEGIN

Rupert: Dis nie net ’n verposing hierdie nie, die hele ekonomie moet heropgestel word

Namate die Covid-19-pandemie versprei, skets sakeleiers ’n somber prentjie van ons ekonomiese toekoms – en gee hulle hul idees vir hoe die wêreld sal moet verander. Deur ROB ROSE.

JOHANN RUPERT (69) deurleef die coronavirus-inperking saam met sy uitgebreide familie in Graaff-Reinet, die dorp waar sy pa, Anton, in 1916 gebore is. Wat die inperking betref, is dit nie juis ’n ongerief nie. Hulle kan uitkyk op die Kamdeboo- Nasionale Park, met sy basaltklowe wat hoog bo die Vallei van Verlatenheid, in die hart van die Karoo, uittroon.

Dis die soort rustigheid wat ’n mens graag sal wil hê as jy gedwing word om te sien hoe die dekades van swoeg om die sakeryk uit te brei wat jou pa geskep het – in Johann Rupert se geval om Remgro te bou, die luukseproduktemaatskappy Richemont op te rig en die beleggingsmaatskappy Reinet te begin – op sy kop gedraai word deur ’n virus wat min sien kom het.

“Mense praat hiervan asof dit net ’n tydelike afwyking is, maar ek dink nie dis soos enigiets wat enigeen al voorheen gesien het nie,” het hy in ’n onderhoud gesê. “Ekonome bespreek of dit ’n V-vormige of U-vormige kurwe is – dis alles betekenisloos. Wat hulle nie verstaan nie, is dat hierdie nie net ’n tussenpose is nie – ons ekonomiese stelsel moet heeltemal heropgestel word.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.