Die virus is dodelik, maar armoede is dodeliker

CORONA-EKONOMIE IN WAAKEENHEID

Die virus is dodelik, maar armoede is dodeliker

Die getuienis is nou oorvloedig: Suid-Afrika se reaksie op die Covid-19-krisis het die ekonomie in die waakeenheid laat beland, wagtende op 'n ventilator. As ingrypend meer ekonomiese aktiwiteit nie baie gou toegelaat gaan word nie, gaan dit die land só verarm laat dat menselyding onhoudbaar en stabiliteit ernstig bedreig word. Maar 'n te haastige opheffing van die staat van inperking kan weer baie duisende lewens in 'n kort tyd eis. Hier is nie juis ’n wen-wen-situasie vir pres. Cyril Ramaphosa nie, skryf MAX DU PREEZ.

DIE meeste lande is in die proses om hulle ekonomieë geleidelik weer vrye teuels te gee. Maar die meeste van hulle is verby of by die hoogtepunt van infeksies; Suid-Afrika is nog twee maande of meer weg daarvan.

Die meeste lande in die noordelike halfrond kan die pandemie hiervandaan deur 'n intensiewe veldtog van “test, trace, treat” en fisieke afstandskepping in bedwang hou, maar Suid-Afrika se ongesofistikeerde burokratiese vermoëns en die aard van ons samelewing maak dit hier haas onmoontlik.

As dit net gegaan het oor die daaglikse tel van lyke, sou die staat van inperking op vlak 4 tot ná September moes gegeld het. Maar vier maande ná die begin van die pandemie begin 'n nuwe rasionele benadering met die hulp van nuwe data van oraloor posvat...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.