DIE Kubaanse “mediese brigade”, wat dokters en onder andere mediese tegnoloë insluit, kos Suid-Afrika R440 miljoen, en dít terwyl daar plaaslik dokters is wat nie werk het nie.
Die Kubane is almal in kwarantyn geplaas voordat hulle na Suid-Afrika gereis het. Hulle is hier vir die virus getoets en almal weer in kwarantyn geplaas in die Sierra Burgers Park-hotel in Pretoria. Vrye Weekblad het van ’n betroubare bron verneem dat 23 van die 217 Kubane positief getoets is vir ernstige akute respiratoriese sindroom-coronavirus-tipe-2 (Sars-CoV-2).
Hulle het kort voor middernag op 26 April op die Waterkloof-lugmagbasis aangeland. Die Suid-Afrikaanse regering het toe gesê “Kuba is een van die lande waar die aangemelde Covid-19-infeksiekoers minimaal is”...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Dis hel; ons durf dit nie onderskat