Geen bloudruk om Covid-19 vas te vat

CORONAVIRUS EN POLITIEK

Geen bloudruk om Covid-19 vas te vat

Seker die mees uitstaande kenmerk van die coronavirus-fenomeen is die onsekerheid wat dit vir politieke en ekonomiese stelsels meegebring het, skryf PIET CROUCAMP.

DAAR is nie 'n bloudruk in terme waarvan die mees toepaslike beleid geformuleer word nie. Wat in Swede en Suid-Korea gewerk het, sal nie noodwendig in Suid-Afrika werk nie. Die politieke stelsels verskil te veel van mekaar en die onderskeie burgerlike samelewings is te uiteenlopend om Suid-Afrika met enige land in Asië of Europa te vergelyk.

Die data tot ons beskikking wat die situasie in Suid-Afrika betref, gee ons nie 'n betroubare aanduiding van die voorkoms of verspreiding van die virus nie. Enige aanname dat ons met die eerste inperkingsperiode die kurwe afgeplat het, is geskoei op waarskynlikheid eerder as bewyse.

Selfs die feit dat daar meer infeksiegevalle in die Wes-Kaap voorkom as elders in die land, is net 'n refleksie daarvan dat hulle meer toets en waarskynlik ook beter is om die brandpunte van die uitbrake te identifiseer as die ander provinsies. Daar is absoluut geen spesifieke, identifiseerbare rede hoekom Gauteng nie meer infeksies as die Wes-Kaap sal hê nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.