Covid-19: Die groot Britse flop

DONKERSTE UUR

Covid-19: Die groot Britse flop

Terwyl Brittanje die einde van die Tweede Wêreldoorlog in Europa 75 jaar gelede vier, is daar nie genoeg om die aandag af te lei van die klaaglike hantering van die pandemie deur premier Boris Johnson se regering nie, skryf ADRI KOTZÉ.

AS daar een ding is waarvan die Engelse báie hou (behalwe vir warm bier drink, in ordelike rye staan en op oorbetaalde sokkerspelers skree), is dit 'n straatpartytjie. Met rye bont vlaggies aan toue oor strate gespan en bure wat saam aan lang tafels driehoek-toebroodjies en pasteie en skons en sponskoek eet. En tee drink, of Pimms of bier. Alles die werklikheid in stereotipe 3-D.

Dis 'n tradisie wat in 1919 begin het as deel van die vredesvieringe ná die Eerste Wêreldoorlog, toe kinders wat honger gely en erg swaargekry het ná die Spaanse Griep getrakteer is.

Deesdae word die straatparty-vlae veral afgestof om koninklike troues en VE-dag te vier, die dag wat die Britse en Geallieerde magte Duitsland se oorgawe in die Tweede Wêreldoorlog aanvaar het. Op 8 Mei 1945 het Winston Churchill om drieuur die middag op die radio aangekondig die oorlog in Europa is oor. Oor die land heen het mense die strate ingestroom om fees te vier. Koningin Elizabeth, toe nog 'n prinses, en haar suster Margaret was onder die feesgangers...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.