Die mag van woorde: Vaal (taal) is die nuwe swart

CORONA EN TAAL

Die mag van woorde: Vaal (taal) is die nuwe swart

Gegewe die bisarre ekstreme oor die virus is dit tyd dat hulle met die verbeeldinglose narratiewe en ellelange verduidelikings na vore tree en almal herinner aan konsepte soos “feite”, “bewyse” en “konteks”, skryf MARNI BONTHUYS. Laat ons nou vervelige taal vier.

IN die geestewetenskappe word die mag van woorde (the power of words) reeds lank ondersoek. Van feministe, wat al jare lank betoog dat die manlike terme waarmee ons die mensdom definieer (“man” en “human” vir “mens”; “woman” vir “vrou”) ons van kleintyd af onbewustelik programmeer om te glo dat die man die norm en die vrou die afwyking is; tot linguiste wat studente leer van die semiotiek, met woorde as tekens en simbole wat bepaalde waardes by die hoorder, leser of gebruiker oproep; tot sosioloë en antropoloë wat terreine ontgin soos die effek van die wyse waarop ons oor ander bevolkingsgroepe en die natuur praat.

Ook sielkundestudente en enigeen wat al ’n sielkundige besoek het, leer dat die wyse waarop jy oor jouself en jou wêreld praat, uiters belangrik is. Die woorde wat pasiënte gebruik om hulself te beskryf, gee ’n aanduiding van hul geestestoestand.

Pasiënte word gevolglik aangemoedig om positiewe woorde oor sigself te gebruik, wat weer positiewe gevoelens meebring. (Sien gevolglik die duisende selfhelpboekies oor die onderwerp wat mense leer om soggens in die spieël vir hul weerkaatsing te sê dat hulle sexy, slim en suksesvol is.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.