SIT op jou plek, bly stil en stem saam met alles wat jou pa vir jou sê, anders kry jy ’n pak slae. Dit is in wese wat die minister van gesondheid en die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR) gedoen het met prof. Glenda Gray, wat nogal die president van dié raad is.
Jy is “verkeerd”, en “misleidend”, het hulle gesê nadat News24 (https://www.news24.com/SouthAfrica/News/unscientific-and-nonsensical-top-scientific-adviser-slams-governments-lockdown-strategy-20200516) ’n onderhoud met Gray gepubliseer het. In dié onderhoud het sy onder meer gesê sekere maatreëls van die nasionale inperking is “onsinnig en onwetenskaplik”.
Ons bevind ons tans in ’n omgewing wat ruik na outokratiese patriargie waarin kenners en doodgewone landsburgers soos stout kinders behandel word. Ons sal besluit wat julle drink, wat julle mag aantrek en of julle mag rook of nie. En jy mag nie uitpraat nie. Individuele opinies is “onprofessioneel en oneties”...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.