Maak ou geld wat stom is reg wat krom is?

WELVAART EN ONGELYKHEID

Maak ou geld wat stom is reg wat krom is?

Almal wil 'n huisie by die see erf, maar moet verhoogde boedelbelasting nie juis ingespan word sodat meer mense net minstens huisies, enige huisies, kan hê nie, vra PIET CROUCAMP.

PIERRE de Vos se uiters tentatiewe artikel (https://constitutionallyspeaking.co.za/privilege-and-inheritance-time-to-disrupt-intergeneration-transfers-of-wealth/) oor 'n verhoogde boedelbelasting het behoorlik 'n kat in die wit politieke duiwehok losgelaat. Die hipotese dat die oordrag van welvaart na opeenvolgende generasies nie alleen historiese klasverdelings herbevestig nie, maar ook wit bevoorregting verder verdiep, is egter 'n geldige navorsingsproposisie. Om die waarheid te sê, daar is waarskynlik empiriese bewyse daarvoor.

Gegewe die Black Lives Matter-beweging se eksponensiële momentum sedert die moord op George Floyd is die vraagstuk oor sistemiese ongelykheid en diskriminasie uiters pertinent in alle media. Die vraagstuk oor die morele verantwoordelikheid wat bevoorregtes jeens arm gemeenskappe het, is 'n uiters kardinale vraag en het inderdaad, soos De Vos aanvoer, 'n fundamentele impak op maatskaplike samehorigheid, politieke vertroue en die strewe na geregtigheid.

Dit is egter verstommend dat mediabronne wat normaalweg deur welvarende wit Suid-Afrikaners gelees word, nie werklik aandag gegee het aan dié omstrede, maar uiters geldige argument wat De Vos gemaak het nie. Magnus Heystek het omtrent aan sy konjak verstik en verkeerdelik 'n niksvermoedende Max du Preez getakel in sy wrewel. Daar is min dinge wat 'n “setlaar” se skatologie so stimuleer as wanneer die swart regering na wit belasting mik. Regter Dennis Davis dink die idee is absurd as 'n fiskale beleid, maar moreel gesproke sal hy waarskynlik nie werklik fout vind met De Vos se voorstel nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.