Wat drie Amerikaanse lughawens jou leer van Covid-19 en ...

MACHO MASKER-VREES

Wat drie Amerikaanse lughawens jou leer van Covid-19 en politieke leierskap

Gemeet aan Suid-Afrika se maatreëls is die VSA se pogings ten beste nalatig – en dalk selfs misdadig, skryf JUSTICE MALALA.

LAAS Woensdag het The New York Times 'n storie op sy voorblad gehad dat die Europese Unie bereid is om Amerikaners uit sy politieke en ekonomiese sone te hou omdat die VSA nie die verspreiding van Covid-19 kan beheer nie.

“Daardie vooruitsig, wat Amerikaanse besoekers oor dieselfde kam skeer as Russe en Brasiliane en hulle onwelkom maak, is 'n taai klap vir Amerikaanse aansien in die wêreld en 'n repudiasie van pres. [Donald] Trump se hantering van die virus in die VSA," het die koerant gesê.

Hoe op aarde het sake só uitgedraai? Vir baie van ons wat in die 1980’s en 1990’s in die skadu van die Koue Oorlog grootgeword het, was die VSA 'n baken van wetenskaplike en mediese bekwaamheid. Dit was 'n land waarna jy jou gewend het vir wetenskapgedrewe innovasie en oplossings vir die mensdom se probleme. Rusland was die land van Tsjernobil; die VSA was die man op die maan en die “reusesprong vir die mensdom". Wat kon gebeur het dat die land só laag gesak het in sy hantering van Covid-19, laat staan nog internasionale diplomasie en leierskap?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.