Truspieël-kykers en Horison-verkenners – wie gaan ons red?

QUO VADIS, SA?

Truspieël-kykers en Horison-verkenners – wie gaan ons red?

Pasiënt Suid-Afrika se gesondheid is ’n noodgeval, maar die oorsake en diagnose blyk baie uiteenlopend te wees, skryf CHARL ADAMS. Hy meen daar is hoofsaaklik twee meningsgroepe, maar watter een bied nou eintlik die oplossing vir ons land en die pad vorentoe?

OM met nabetragting bestekopname te doen is dikwels 'n uitdagende proses. Ek sê uitdagend, want dit voorveronderstel dat jy eerlik met jouself sal wees en nie doekies sal omdraai oor die werklikheid en die waarheid nie. En om ten volle eerlik te wees is soms 'n pynlike proses, want jy moet die goeie en die slegte konfronteer én die gevolge van vorige besluite en optredes bevraagteken.

Maar om werklik objektief te kan wees en so na as moontlik aan die waarheid te bly, sit nie in almal se broek nie. Eerstens is terugkyk natuurlik maklik in die sin dat “hindsight an exact science" is wat nie ongedaan gemaak kan word nie. Dit is dus maklik om vingers te wys met die gebruiklike “ek het julle mos gesê" daarby, en om jouself van enige aandadigheid te verontskuldig. Terugkyk is ook belangrik, want oor tyd verbreed perspektief en maak sekere besluite en gebeure sin wat voorheen dalk waserig en onduidelik was.

Tweedens hoop ons om waardevolle lesse uit die verlede te kan leer. Suid-Afrika het 'n ongelukkige verlede en dis nog nie duidelik of die toekoms ’n verbetering sal wees nie. Die finale analise moet nog bereken word. Maar intussen kan ons wel introspeksie doen en poog om met die wysheid van nabetragting iets oor ons self, ons land en sy mense te leer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.