DIE eerste stuk data wat onlangs ’n ontnugterende openbaring was, is dat die regering byna 60% van belastinginkomste in 2020 aan net 1.3 miljoen staatsamptenare gaan bestee – ’n blote 2.2% van die bevolking. Die tweede is dat, volgens studies wat deur die nasionale tesourie aangehaal word, die regering vir elke R1 wat hy bestee, net 27c van ekonomiese groei genereer.
Hierdie twee feite hou verband met mekaar, want een van die hoofredes waarom staatsbesteding so min bewerkstellig om groei te bevorder, is omdat so baie daarvan aan verkeerde dinge bestee word – verbruik eerder as belegging. Die staat se hoofverbruiksitem was tot dusver om buitensporige verhogings aan staatsamptenare toe te staan, gelyk aan 40% in reële terme die afgelope 12 jaar, wat die salarisrekening nou tot R629 biljoen verdriedubbel het.
Dis die kern van Suid-Afrika se fiskale uitdaging en sy onvermoë om te groei – die staat het deurlopend staatsamptenare se salarisse binne ’n koevert van vaste besteding verbeter wat eintlik deur ’n verswakkende ekonomie beperk is...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.