Waarom vee Suid-Afrikaners hulle af aan Covid-19-reëls?

AS HULLE KAN, KAN EK ...

Waarom vee Suid-Afrikaners hulle af aan Covid-19-reëls?

Dit kan noodlottige gevolge hê wanneer mense in 'n pandemie nie wette en regulasies nakom nie, maar ons sit met irrasionele regulasies wat grens aan die absurde en inkonsekwent toegepas word, skryf DEON ROSSOUW.

DIE president, minister van gesondheid en ander kabinetslede het Suid-Afrikaners al verskeie kere die leviete voorgelees omdat hulle nie die magdom regulasies nakom wat die regering aangekondig het om die verspreiding van die coronavirus te keer nie. En dit lyk of hulle dit met goeie rede doen aangesien Suid-Afrika nie net die meeste Covid-19-infeksies in Afrika het nie, maar ook die vyfde hoogste getal in die wêreld.

Waarom is Suid-Afrikaners so teensinnig om hierdie skynbaar goed bedoelde regulasies na te kom? Die gebrek aan respek vir wetgewing en regulasies in die tyd van 'n pandemie is sekerlik rede tot kommer omdat dit noodlottige gevolge kan hê vir nie net die mense wat die regulasies verontagsaam nie, maar vir almal met wie hulle kontak het.

'n Mens kan nie die wet gehoorsaam wanneer dit jou pas en dit verbreek wanneer dit jou nie pas nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.