Glenda Gray praat kaalvuis oor omstredenheid rondom inperking

Glenda Gray praat kaalvuis oor omstredenheid rondom inperking

Die bekroonde Suid-Afrikaanse medikus Glenda Gray, wat deur die tydskrif Time en Forbes Africa as een van die wêreld se mees invloedryke mense aangewys is, vertel vir CLAIRE KEETON van haar donker angs toe sy oor haar kommentaar op die inperking aangeval is.

PROFESSOR Glenda Gray het onthul waarom sy nie uit beginsel om verskoning kon vra omdat sy die regering se hantering van die inperking bevraagteken het nie, selfs met die risiko om geskors te word. Gray is ’n professor in pediatrie aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), president van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR) en lid van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19.

Ná ’n uiters moeilike week in Mei waartydens sy van alle kante aangeval is, het ’n raadslid haar aangeraai om skriftelik om verskoning te vra om die negatiewe reaksie “te laat weggaan”. Gedurende haar donkerste naweek het Gray gedink: “As ek sê ek is jammer en word dan stilgemaak, wat van die verpleër of dokter wat dan te bang raak om te praat as hulle sien wat met my gebeur? As ek hierdie groot stem het en dan stilgemaak word, wat van almal wat ná my kom?”

Haar vegterinstink het oor 20 jaar aan die voorpunt van die vigs-epidemie verskerp as een van die wêreld se beste MIV-wetenskaplikes en klinici, en sy kon dus nie toegee nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.