Oor die behoud van ’n band tussen dosent en student in ’n tyd...

THE SHOW MUST GO ON

Oor die behoud van ’n band tussen dosent en student in ’n tyd van afstandelikheid

Ons is gereed. Vir ons vernaamste taak. The show must go on. Al klap niemand behalwe onse studente vir ons hanne nie, skryf ANASTASIA DE VRIES.

AGTER ons lê ’n eeu van bokspring, bollemakiesie en breakdance op die maat van AY2020, akademiese jaar 2020. Na dese kan min mense ons leer hoe om glasballe in die lug te hou, sjap-sjap ’n paar lesings vir ’n kursus of vier aanmekaar te slaan, kompleet met beeld en stem, verlore studente jag, ’n vergadering en ’n artikel of twee inwerk tussen die soveelste dringende vorm of peiling van fakulteit of bestuur, man of kinders gelukkig en gevoed hou en, en. Jy wil nog begin leef, dan dryf jou lyf in ’n kuberruimte al agter jou kop en geleerde woorde aan.

Oukei, oukei dit was nog g’n eeu nie. Net ’n kwartaal. Ek oordryf. Want ek wil. Ek soek my lyf terug. Nee, eintlik soek ek die lywe terug van die mense wat my deur ’n hele dag se gesleur kon dra. Onse studente. Kollega-vrinne. ’n Hand op ’n skouer vir troos of meelewing. Die kletspraatjies in die gang voor onse kantore. Die klank van lag wat selfs die styfste van akademiese aanstellerigheid kon verdryf. Die reuk van polonie- en masala-steak-Gatsbys waarvoor dosente en tutors op ’n geldskaars dag kezat het, ’n geldjie bygedra het.        

Skynbaar naatlose oorgang na aanlyn..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.