Die #BlackLivesMatter-beweging is die ideale geleentheid om reg te stel wat in Suid-Afrikaanse sport fout is, sê die voormalige Bok-breier Peter de Villiers.
Dié beweging het ’n intense debat onder Suid-Afrikaanse sportliefhebbers ontlok, veral nadat eers die Protea-krieketspeler Lungi Ngidi en later ook die voormalige Protea-kaptein Faf du Plessis hul ondersteuning daaraan gegee het. Voormalige Protea-spelers soos Boeta Dippenaar en en Pat Symcox het egter kapsie gemaak deur te sê “All Lives Matter". Sedertdien het ’n groep ander voormalige rugby- en krieketspelers ook vir Ngidi in die bres getree en hul ervarings gedeel. Van hulle sê hulle het nooit regtig welkom gevoel in sportsoorte soos rugby en krieket nie.
De Villiers sê hy steun ook die beweging, en vertel onder meer in die meegaande opname hoe sogenaamde “swart belasting" ’n rol kan speel in hoe welkom spelers in ’n span voel, en hoe sy geloof sy siening oor die saak beïnvloed...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.