Vrouemaand: Hoop is die nuwe swart

KLERE EN KLAG

Vrouemaand: Hoop is die nuwe swart

Augustus is Vrouemaand en CAS WEPENER probeer sin maak van die dra van swart en vra ook wat ons as Suid-Afrikaners dié maand gaan aantrek, want met jou keuse van kleredrag sê jy nie net met wie jy jou wil assosieer nie, maar ook met wie jy solidariteit toon.

IN Skepelinge: Aanloop tot ’n roman skryf Karel Schoeman oor hoe bevoorregte gaste aan die Kaap in die VOC-tyd na openbare teregstellings op die eksekusieterrein oorkant die Kasteel genooi is. Hy haal ’n Nederlandse skeepsoffisier, ene De Jong, se herinneringe aan wat so ’n uitnodiging gekry het. Dit eindig soos volg: “... die verschrikkelijke strafoefening zal mij niet ligt uit het geheugen gaan.”

Waaroor Schoeman dan wonder, is wat De Jong vir dié geleentheid sou aantrek. Hy kan hom voorstel wat die weduwee Swellengrebel in haar klerekas sou gehad het, maar watter uitrusting sou De Jong as besoeker gekies het? Schoeman skryf mymerend: “Wat trek ’n mens ten slotte aan as offisiële gas by ’n meervoudige teregstelling wat gesel, ophang, brandmerk en radbraak insluit? Seker geen helder kleure of geborduurde onderbaadjie nie. ’n Gedempte pêrel- of kaneelkleurige pak miskien, of stemmige swart, met sykouse en silwergespes aan die skoene?”

Wat gaan óns dra?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.