En nou bly vet, oud en lelik, maar die grootste hiervan is die vet

INKOPIE-EKSPEDISIE

En nou bly vet, oud en lelik, maar die grootste hiervan is die vet

Daar's onbegryplikhede waarmee sy worstel, skryf Vrye Weekblad-leser ELSABÉ TALJARD. Dis nie die feit dat haar jongste spruit dink sy ma se afgeleefde T-hemp is ’n disgrace nie. Maar die soeke na ’n nuwe T-hemp in die winkels diep iets op wat haar verstand te bowe gaan.

  • 14 Augustus 2020
  • Vrye Denker
  • 2 min om te lees
  • artikel 24 van 30

SOOS vir die prediker van ouds is daar ’n paar dinge wat my verstand te bowe gaan. Anders as hy het ek egter vrede met die weg van ’n man by ’n maagd – daai’s ander mense se probleem; daar’s ander onbegryplikhede waarmee ek worstel. 

Toe ek nou die oggend deur die kombuis stap op pad na my Pilatesklas, kyk Jongste my sydelings aan. “Gaan ma met daai T-hemp oefen? Dis ’n disgrace.” Ek kyk af. Die eens trotse blou en rooi UP-strepe is verbleik tot onderskeidelik ’n vaalgrys en fletserige pienk. ’n Disgrace inderdaad. Erger as die skande van ’n afgeleefde T-hemp, is egter die herinnering aan ’n vorige inkopie-ekspedisie juis om my T-hemp-repertoire aan te vul. 

Ek probeer nie eens enige van die sportwinkels nie, maar wend my skrede sommer direk na Woolworths – hulle het mos ook ’n afdeling vir “leisure wear”. (Leisure? Goed, maar daaroor kan ons anderdag praat.) Ek werk die T-hemde deur: XS, S, M, L, XL – en daar stop dit. Ek kyk hulpsoekend rond en die verkoopsdame staan nader. “Het julle niks groter as XL nie?” vra ek. “Nee, Mevrou, ons kry gewoonlik net ’n paar van die groter nommers in en hulle verkoop baie vinnig uit.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.