Agt lesse wat Covid-19 SA geleer het

'N LAND IN KRISIS

Agt lesse wat Covid-19 SA geleer het

Die huidige krisis in Suid-Afrika is dalk net wat beleidmakers nodig het om meer beslissend op te tree. Maar het hulle genoeg murg in hul pype? BRUCE WHITFIELD doen verslag.

DIS glad nie verrassend dat ná byna 150 dae van inperking, min of meer ’n halfjaar, ons ontleding van die regering se reaksie op die pandemie hoogs krities is nie. Die staat het homself nie eintlik met glorie omhul nie.

Baie van sy kommunikasie was tot dusver swak, kleinlik afdwingend en saamgeflans wat toepassing betref. Hoe die ekonomie gaan herstel, sal hierdie regering maak of breek. Dalk selfs die ANC self.

Dit sal dwaas wees om hierdie krisis verlore te laat gaan. In my boek, The Upside of Down, gepubliseer in die week voordat Suid-Afrika ingeperk is, het ek geskryf: “Bisar genoeg is ’n krisis dalk net wat Suid-Afrika nodig het om beleidmakers te dwing om meer beslissend te word. Krisisse wat herstel ná ’n ineenstorting kan versnel, sal egter die kwesbaarstes in die samelewing op kort termyn benadeel en moet vermy word.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.