Covid-19 laat banke anders dink oor dienste

MEDEDINGING NEEM TOE

Covid-19 laat banke anders dink oor dienste

COWYK FOX, 'n uitvoerende bestuurder van die Absa-groep, kyk na drie tendense om dop te hou.

’N GELEIDELIKE maar merkbare verskuiwing het die laaste paar jaar in die plaaslike mark vir kleinhandelbankdienste plaasgevind. ’n Handvol nuwe banke het die arena betree en hulle kleim probeer afpen. Dié banke het meestal beperkte of geen fisieke infrastruktuur nie en ook meermale ’n spesifieke fokus op laekostedienste. Teen dié agtergrond is digitale bankaanbiedings druk bespreek en was fooie gereeld onder die loep.

“Tradisionele” banke het vinnig gereageer en mededinging het skerp toegeneem. Dit het die volgende vraag laat ontstaan: Watter soort sakemodel is die beste geplaas om te reageer op die deurlopende wedywering om Suid-Afrikaners se lojaliteit teenoor bankdienste?

En toe, sonder waarskuwing, steek die Covid-19 pandemie sy kop uit …..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X