’n Fika met kanelbulle van vetebröd vir Erfenisdag

SKÅL!

’n Fika met kanelbulle van vetebröd vir Erfenisdag

Haar buurvrou leer haar Sweedse geite, en sy leer vir Siv weer dinge van die Kaapse Vlakte. Laat die revolusie begin! skryf ANASTASIA DE VRIES.

ONS gaan stap, sê Siv Sondag en beduie straataf met haar kruk. Dis al sterk skemer, binnekort donker. Ek hou nie van die donker nie, van in die strate wees wanneer die lig verdwyn nie. Mense word al hoe meer sommer helder oordag doodgeskiet, goeie mense, onskuldige kinders, kap ek teë, my vrese aangejaag deur die onlangse skietdood van die Grabouwse skoolhoof, die polisieman in Bishop Lavis. Twee vroue op straat in die donker?

Kom, sê Siv. Ek kom. Die strate is stil, net die tik-tak-tik van Siv se kruk. Verlede jaar dié tyd was sy nog plat op haar rug in die hospitaal. Heup gebreek. Maar hier loop ons, die strate in. Staaaadig. Ek sukkel om my gewone vinnige pas te markeer. Haar herstel is wonderbaarlik, sê Siv. Revolusionêr, sê ek. My kop is deesdae vol revolusie. 

Dis oor al die dinge, lê sy my kopvretery vir my uit. Siv hou van dinge uitlê. Ek kla nie. By haar mag ek maar stil wees. Siv is my buurvrou, ’n Afrikaanse Sweed wat eens toe sy jonk was ’n student was van N.P. van Wyk Louw. Sy vergeet soms sy het my al vertel. Sy vergeet baie goed wat sy al hoeveel keer tevore vertel het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.