Covid-19-rapport: SA se beste en swakste ministers

BEHAAL GEMIDDELD 'D'

Covid-19-rapport: SA se beste en swakste ministers

Die blote omvang van die coronavirus-krisis plaas die kabinet vierkant in die kollig. Sommige ministers het geskitter; ander het klaaglik gedruip.

  • 25 September 2020
  • Vrye Denker
  • 44 min om te lees
  • artikel 15 van 28
  • Natasha Marrian

NAMATE die staat sy greep op sy burgers se daaglikse lewe verslap en die lewe na “normaal” terugkeer, het pres. Cyril Ramaphosa ’n sonderlinge kans om sy uitvoerende span te evalueer en te bepaal of hulle opgewasse is vir die taak – want die steilste deel van die land se Covid-19-reis begin nou eers.

Ontleders het hulle sienings met Financial Mail gedeel om ’n rapport saam te stel van hoe die kabinet gedurende Covid-19 gevaar het. Die resultate was, soos verwag is, neerdrukkend: Die ministers het gemiddeld ’n baie lae “D” gekry.

Net een minister, Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het ’n “B” behaal. Ramaphosa, Tito Mboweni, minister van finansies, en Ronald Lamola, minister van justisie, was die enigste leiers wat ’n “C” behaal het. Hierteenoor het drie die volstrekte dopsimbool “F” gekry: Fikile Mbalula, minister van vervoer; Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, en Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.