DIE onthulling die afgelope week dat ’n man in hegtenis geneem is nadat hy hom as die ANC-burgemeester van ’n groot metroraad voorgedoen het, het tot groot konsternasie in die regerende alliansie gelei. ’n Noodplan is in werking gestel en lede van die departement djenderstudies aan ons universiteit is getaak om die situasie te beredder.
Om etiese redes mag ons nie onthul wie namens die alliansie met ons vergader het nie, so kom ons sê maar net hy is ’n voormalige provinsiale Gauleiter wat deesdae selfs hoër op in die ANC is – báie hoër. Kom ons noem hom Die Ace-terman, soos hy blykbaar in sommige kringe bekend staan.
Die verskynsel van die man wat sy lyf burgemeester gehou het, is om verskeie redes onrusbarend, het Die Ace-terman aan ons gesê. Hy het kortweg die booswig se meesterplan vir ons uiteengesit: adverteer ’n pos op Facebook in die regte burgemeester se naam; belowe aan die entoesiastiese respondent ’n werk in die munisipaliteit wat R1 miljoen betaal op voorwaarde dat sy eers R200,000 kontant opdok; belowe haar ook dat sy die stad se first lady sal word sodra die transaksie afgehandel is; vra haar dan om die kontant in ’n plastieksak in ’n vullisdrom by die taxi rank te sit en te wag vir verdere instruksies. Gelukkig het die potensiële slagoffer deur dié slinkse plan gesien en die polisie gebel, wat in ’n onverwagte wending opgedaag én selfs die man gearresteer het toe hy die R200,000 uit die drom wou gaan haal het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.