Nóg ’n kind is dood aan die Kaap se oorlogsfront

KIEL ME KWIEK

Nóg ’n kind is dood aan die Kaap se oorlogsfront

Kinders moet speel. In die straat voor hul huis en veral in hul eie jaats. Maar deesdae vlieg daar meer bullets as vliegtuie oor haar plek. En ’n dwaalkoeël het nie ’n naam op nie, skryf ANASTASIA DE VRIES.

NOG ’n kind dood die afgelope naweek. ’n Driejarige van Bloekombos naby Kraaifontein, twee ander gewond in Hanoverpark, ’n vyfjarige meisiekindjie en sesjarige seuntjie. All in a day’s work. Of net nog ’n naweek aan die Kaap se oorlogsfront.

Dis byna middernag, Sondag en haar siel kry nie sy lê nie. Tot 36 kinders, meisies en seuns, al van Januarie tot 11 September in die Wes-Kaap in bendeverwante skietvoorvalle dood, het sy onlangs gelees. En nou nog ’n kind. En nog een. En nog een. Geen CNN-momente vir hulle nie. Ons veroordeel dit (die soveelste skietaanval), kreet die politici. Geen steen sal onaangeroer gelaat word nie. Weer. Dan nog ’n kind geskiet of gesneuwel op die slagveld. 

En elke keer word haar wêreld so klein soos ’n mosterdsaad. Hoop, geloof. God is ver. Die engele ween. Dis wanneer sy weet sy sal haar Neil nog langer moet ingrendel, meer moet intoom. Die kind wil speel. Hy’s gr.3. Kinders moet speel. In die straat voor hul huis en veral in hul eie jaats. Drie-blikkies. Kennetjie. Bok-bok-staan-styf. Kinders moet speel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.