Kaapse bendes: Gevaarlik, magtig en met landwye tentakels

KOMPLEKSE EKOSTELSEL

Kaapse bendes: Gevaarlik, magtig en met landwye tentakels

Kaapstad se bendes is vandag ’n kernplatform vir georganiseerde misdaad in Suid-Afrika, en in baie gevalle word hulle deur misdaadbase met nasionale invloed en mag gelei, skryf MARK SHAW en JULIAN RADEMEYER.

  • 09 Oktober 2020
  • Mense & Kultuur
  • 11 min om te lees
  • artikel 6 van 29
  • Mark Shaw en Julian Rademeyer

OP ’n straathoek in Hanover Park wys ’n moordenaar wat op parool vrygelaat is windmakerig ’n pistool vir ’n groep Americans-bendelede; hy gooi dobbelstene, smous met dwelms en spog oor moord. “Ice, buttons, tik, alles!” roep hy uit wanneer senuweeagtige kliënte behoedsaam nader kom. ’n Coronavirus-masker, wat ’n helper as ’n kenband dra, dien as ’n netjiese manier om die dwelms waarmee gesmous word weg te steek.

Hierdie toneel, soos baie ander soortgelykes, het hom op ’n dag op die piek van die Covid-19-pandemie in Kaapstad afgespeel. As dit nie so werklik was nie, kon dit ’n cliché wees – die soort beeld wat baie Suid-Afrikaners het wanneer hulle aan bendes en die Kaapse Vlakte dink. Dalk, saam met die Covid-masker, is dit ’n simbool van die bendes se vermoë om vinnig op veranderende omstandighede te reageer.

Maar om aan die Kaapse bendes as ’n uniek Wes-Kaapse “afwyking" te dink, vasgevang in tyd en plek, al vegtend oor straattransaksies en stukkies armoedige gebied waar min deur die dekades verander het, sal ’n fout wees. Die Kaapse bendes is ’n integrale deel van ’n nasionale misdaadnetwerk wat twyfelagtige sakelui, dwelmhandelaars, smokkelaars, motorfietsbendelede, uitsmyters en skuldinvorderaars aan Gauteng se Oos- en Wes-Rand verbind met bendes in Westbury, Johannesburg, Gelvandale in die Oos-Kaap en Durban in KwaZulu-Natal. Hulle base is ’n kriminele elite wie se welvaart van ’n baie wyer netwerk met ander misdaadfigure landwyd afhang. Talle het internasionale konneksies gevestig...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.