Buite woed die waansin

STRAATFAIT

Buite woed die waansin

Sy wil nie meer die nuus kyk nie; haar siel struikel, skryf ANASTASIA DE VRIES. Sy wil nie wonder wat ons nageslagte gaan maak met al ons rasetikette as hulle eendag self besluit wie hulle is nie.

WAANSIN.

Die laaste week of wat kom dié woord en sy genante al hoe meer uit my mond uit. Djy’s waansinnig, sê ek vir Peter van oorle Pam wat hier vroeg in die maand op ’n Sondagoggend bors teen bors met sy buurman wil staan oor katte, oor hul voertuie voor sy hek, oor skinnepraatjies en oor dinge wat mens nie in beskaafde geselskap noem nie.

Peter en nommer 16 is aanmekaar, gil Siv oor haar muur. Twee gryskop-Engelsmanne in ’n straatfait? Dit wil ek sien! Ons woon in ’n klein kompleks, so 22 huise weerskante van ’n pad wat in ’n halwe sirkel deur ons plek loop. Hier hou die Engelse by die Engelse en kla in vergaderings en in ons Whatsappgroep oor die Afrikaanses wat tog so “darn rowdy” is. Hulle laat my altyd dink aan daai Engelse van wie my pa gesê het hulle smile met hulle voortanne en kners op hulle agtertanne. Ek vermy hulle meestal. Hulle vra goed soos “by what title shall I call you?” en “are you perchance Indian?” of spreek my naam uit nes hulle monde staan omdat my uitspraak glo “too Afrikaans” is. My dônnie! Ek is ’n mens met ’n kop en ’n pens...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X