AS ’n openbare meningsvormer het ek dit nog altyd my plig geag om as ’t ware as ’n pottebakker op te tree in wie se geoefende hande die klei waaruit die trog van kennis gemaak word só te druk, te streel en andersins te vorm dat dit in effek as ’n saligmakende filter optree sodat slegs deeglik gesuiwerde politieke waters in die hoofstroom invloei waar die stemvee daaraan kan teug.
Helaas het die internet en ander sosiale euwels ’n skynbaar onversadigbare dors na modderige drinkwater by die great unwashed laat ontstaan. Hierdie verskynsel het nuwe hoogtes bereik toe koning Donald die Eerste van Amerika in 2017 die troon bestyg en die trog finaal uit die hande van die pottebakkers gegryp het. Hierna het hy dit onder groot gejuig in ’n duisend skerwe op die grond laat stukkend spat: Fake News!
Die gepeupel het koning Donald se al hoe dikker wordende oranje straaltjie van idees met entoesiasme opgeslurp soos wat dit die diep rivier van openbare mening ingevloei en uiteindelik in ’n onwelriekende waterval op ons almal se koppe neergeplons het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.