Betalingsprotes teen onbeholpe munisipaliteite is reeds hier

VROT DIENSTE

Betalingsprotes teen onbeholpe munisipaliteite is reeds hier

Suid-Afrika se armste mense weet al jare lank hoe munisipale dienslewering ineenstort, maar nou tref dit ook die middel- en hoër inkomsteklasse. Dis ’n onheilspellende prentjie, sê ROB ROSE.

’N VIDEOGREEP wat tans die ronde doen, is ’n tasbare manifestering van hoe dienslewering in Afrika se rykste stad ingeplof het. Dit volg min of meer die resep van die uitstekende dokumentêr My Octopus Teacher en wys hoe ’n inwoner van Fourways met paddavoete en ’n swembril by ’n gapende sinkgat induik wat ’n nalatige Johannesburgse paaiedepartement nou al jare lank nie herstel nie.

“Elke dag is daar ’n ander sinkgat weens ’n gebarste waterpyp in Fourways,” sê die Sinkhole Teacher, terwyl hy weeklaag oor ’n stadige dans met die Stad Johannesburg-trekker wat nooit werklik opdaag nie.

Dis uitstekende satire, maar die krateragtige paaie, kragonderbrekings wat in sommige gebiede dae lank aanhou en watertoevoer wat afgesny word, is beslis nie. En dit gebeur terwyl munisipale tariewe die hoogte inskiet, skynbaar glad nie in pas met gebruik of mense se vermoë om te betaal nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.